"Gisteraand, 19-10-06, het ons in Café Barcelona na Chris Chameleon gaan luister.
Sjoe, die mense het in hul hordes opgedaag! Elke tafel in die restaurant was styf teen mekaar geskuif en elke stoel was gebruik.Hy het eers laterig begin en die eerste paar "songs " was rustig, maar gou het hy begin wys wat sy spesialiteit is: hoë note en die oulikste geluide! Hy kan toor met sy stem. Hy is 'n regte vermaak-ster en het 'n unieke humor. Hy sing humoristiese goed, heel anders as byvoorbeeld van ons ander Afrikaanse sangers wat heup-swaaiend rondspring en mens se lagspiere kielie! Sy humor maak 'n mens nie skaam dat jy daarvoor lag nie.
Dan kan hy ook mooi ernstige lirieke skryf en dit gevoelvol sing. Dit was 'n heerlike ontspanne aand.
Na afloop van die optrede het hy kom gesels en CD's geteken, hoop dit gaan verder ook goed met sy loopbaan, hy is soos 'n vars briesie.
Dankie, Chris, vir 'n genotvolle aand!
Dankie ook aan Café Barcelona dat hul vir ons die ideale plek geskep het, om na ons Afrikaanse kunstenaars te gaan luister.
Musiekgroete
Gezina.
"