 |
| Mooi musiek op Willowridge se rugbyveld. |
| |
|
 |
 |
Gezina skryf "Theuns Jordaan op Willowridge se rugbyveld .
09-09-06.
Saterdagaand
het ons na Theuns Jordaan en Anton L'Amour gaan
luister op Willowridge se rugbyveld. Anders as in die verlede was die gasskool
'n Engelse hoërskool en ek het gewonder of dit 'n vreemde konsert sal wees, gaan
Theuns nou Engels praat en sing, of wat?
Gelukkig kon hy dadelik sien dis maar sy gewone aanhangers voor hom en was dit
die gewone konsert wat uit 'n mengsel van sy gewilde liedjies en 'n paar ou
Engelse treffers bestaan. Soos gewoonlik het Theuns met sy warm stem vir ons
gegee waarvoor ons gekom het en al het twee van die luidsprekers op die verhoog
ingegee, het die klankmense gou kom planne maak en kon die konsert voortgaan.
Anton was effens stil, ek dink hy was dalk moeg aangesien hy die vorige aand 'n
ander "gig" gehad het. Dalk bietjie laat gekuier?
By sulke opelugkonserte is dit altyd interessant om na die mense te kyk. Daar
is werklik 'n groot verskeidenheid mense wat van Theuns se musiek hou, oues en
jonges, mans en vrouens en almal ewe entoesiasties!
Na drie ure van lekker musiek het Theuns weer soos gewoonlik afgekom en met sy
bewonderaars gesels, CD's geteken en geglimlag vir foto's.Geduldig en vriendelik,
soos ons hom ken en waardeer.
Dankie, Theuns en Anton, vir 'n genotvolle aand.
Musiekgroete
Gezina.
"
|
|
|
 |
 |
Gepos op 12 Sep 2006 deur Merlin
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
| |
Untitled Document
|
| |
Nog nie 'n lid nie? Jy kan vinnig een skep. As 'n geregistreerde gebruiker het jy sekere voordele soos tema beheer, inskrywing konfigurasie en jy kan inskrywings en kommentaar pos met jou naam by. |
|
|
|
Untitled Document
Untitled Document
|
| |
Gemiddelde gradering: 5 Stemme: 1

|
|
|
|
Untitled Document
|