Untitled Document
Forums Home    
Untitled Document
Musiek Menu
 
 Tuis / Home
 Musieknuus
 Onderwerpe
 Musieknuus
 Kunstenaars
 Musiekmense
 Lirieke
 Digkuns
 Skryfkuns
 Teaters / Venues
 Interessant
 Werd om te weet
 SA-Nuus
 Sê jou Sê
 Forums
 Private Boodskappe
 WebKlets / WebChat
 Stuur Nuus
 Storie sonder Einde
 Optredes
 Optredes Kalender
 Publiseer Optredes
 Musiek Shoppie
 Musiek CDs
 Bladmusiek
 Video & DVD
 T-Hemp
 Geskenkbewyse
 Winskopies
 Laai af en Luister
"> ">Soek
 Soek/Search
 Stories Argief
 Lirieke
 Info
 Vrae/Antwoorde
 Vertel Ander
 Jou Info
 Lede / Members
 Statistieke
 Top 10
 Meningsopnames
 Statistieke
 Algemeen
 Top Webwerwe
 e-Radio Afrikaans
 Kontak Ons
 Contact
 Terugvoer
 GeelBladsye
 Suid-Afrikaanse Musiek
 Jamroom
 Kunstenaars
 Treffers

 FotoGalery
 

tl
Sukkel om 'n kunstenaar te bespreek?

VOETPRINT PRODUKSIES

Vir Navrae
en Besprekings

Afrikaanse Kunstenaars - Arno Jordaan, Danie Niehaus, Jannie Moolman, Dieter Voigt (Mnr SA), Annake de Villiers, Therese Benade (Dryfsand/Song vir Katryn), Cheree en Wynand Strydom, Mathys Roets, André Swiegers en Kevin Leo.

Anélia Marais

anelia@musiek.co.za

082 903 8037

 


tl
Bruikbare Frases

Ek sien jy het die spesiale tydjie gemaak om jouself in publiek te verneder.
--
 

Theuns en Anton in die Performer.
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Gezina skryf "

Gisteraand het ons na Theuns Jordaan in die Performer Teater in Pretoria gaan luister. Hy en Anton L'Amour het alleen opgetree.

Dit was 'n heerlike aand. Wat spesiaal is aan so 'n venue en wanneer Theuns nie saam met die orkes optree nie, is dat mens sy stem en die woorde van die liedjies soveel beter kan hoor. Ek geniet natuurlik ook die volle orkes saam met Theuns, maar geniet dit ook om soms net vir hom en sy kitaar op die verhoog te kry en dan later net Anton saam met hom. Moet sê, Anton tower deesdae klanke uit sy nuwe elektriese kitaar, wat ek nie geweet het moontlik is nie!

Theuns het werklik probeer om iets vir almal se smaak te sing, van pragtige Koos Doep goed , tot lekker dans nommers.

'n Aand is ook net so lank en mens kan seker nie verwag dat hy AL jou gunstelinge moet sing nie,daarvan is daar deesdae ook so baie, maar ek sou net graag wou hê dat hy die lieflike lied, "Moenie", ook moes insluit. Gelukkig was daar darem baie ander gunstelinge om daarvoor op te maak.

Dankie, Theuns en Anton,vir 'n genotvolle aand!

"




 

23 Apr 2008 (Lees meer... | Gradering: 0)


BRING JOU HART.
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Gezina skryf "

Ons het lank gewag, maar uiteindelik is Theuns Jordaan en Juanita du Plessis se DVD , BRING JOU HART, hier!

Die wag was die moeite werd, dis ‘n fantastiese DVD. Vir elkeen se smaak is daar iets, van ‘n Gospel Medley tot Lepellê ! Tussenin is daar die gunstelinge soos: Namibsroos, Skipskop, Beautiful in Beaufort-Wes, Jou Skaduwee, Vlieg Hoog, Bietjie van My, Jou Asem, Soos Bloed, Bring jou hart, Dis waar ek wil wees en nog vele meer. Daar is ‘n hele paar ou Engelse gunstelinge soos die Country liedjies : Darling, Baby Blue, Green Green Grass of Home en Islands in the Stream. Ook Golden Oldies soos : Beautiful Noise, Let your love flow, Suspicious Minds en ander. Dan is daar ook liedjies wat ons nog nooit deur die twee sangers saam hoor sing is nie, soos by voorbeeld: Vergeet om te Vergeet, Vier Seisoene Kind en Daar.

Theuns en Juanita het pragtig gelyk, alle eer aan Thomas Thomson wat gesorg het dat hul so mooi aantrek !

Dan die Band agter hul : van ons land se room musikante ! Anton L’Amour, Bruce Wallace, Denny Lalouette, Maurits Lotz, Johan Rautenbach, Clinton Warring, Brendon Ross, Ricus Nel. Die oulike meisies wat agtergrond sang verskaf het : Marchelle en Mariette. Voorwaar ‘n gedugte span.

Mens kan sien Theuns het ‘n sê in die klank gehad : PUIK !

Werklik ‘n baie goeie eindproduk ! Geluk aan almal wat meegewerk het om dit so goed en afgerond na ons die “Fans” te bring.

Dankie, Theuns en Juanita, ons gaan ure se lekker-luister hieruit kry!

Liefde

Gezina. XOXOXO

"




 

23 Apr 2008 (Lees meer... | 2467 bytes | Gradering: 3)


Die Akademie vir Ligte Musiek van S.A
 

Teaters / Venues
Teaters / Venues  

almsa skryf "Die Akademie vir Ligte Musiek van S.A. is 'n eksamen instansie wat eksamens afneem nasionaal. Ons sillabusse vorm deel van die Departement van Onderwys. Ons open Vrydag 18 April 2008 'n teater in Pretoria met die naam van "Sê-Goed" & Musiek. Die teater is tema gebasseerd op die Afrikaanse idome. Ons gaskunstenaar vir hierdie aand is "Izak Davel" of beter bekend as "Scab" van Egoli. Hy self was 'n leerling van die Akademie en het sy Graad 8 Sang eksamens by die Akademie voltooi. Tesame met hom tree Hendrik Brits op panfluit en Miranda Oberholser op. Persone wat meer inligting wil bekom oor die teater is welkom om ons te kontak by tel (012) 548-0061 of e-pos: almsa@lantic.net Kunstenaar wat belang sou stel om hier op te tree is ook welkom om ons te kontak.

Kom en geniet die Afrikaanse taal saam met ons"




 

23 Apr 2008 (Lees meer... | Gradering: 0)


Jan Blohm DVD.
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Gezina skryf "

Musiekliefhebbers

Ek het so pas Jan Blohm se nuwe DVD, LIVE AT THE PERFORMER, gekry en is weereens asemloos oor die song, “Maria Magdalena”. Doen julleself 'n guns en gaan luister na die lied, die woorde, vertolking, agtergrondmusiek en die band – alles aan die song is net ongelooflik mooi.

Op die DVD begin Jan eers met 'n rock-stukkie, maar dan (na 'n oomblik van stilte) kom die eerste akkoorde van die Maria Magdalena waaroor ek so gek is – die musiek tel stadig op en dan begin Jan se lieflike stem en ...

Gaan luister, dis trane-trek mooi!

Dankie, Jan!

Groete

Gezina.

"




 

23 Apr 2008 (Lees meer... | 1282 bytes | Gradering: 0)


Werda Skool Musiekfees
 

Werd om te weet
Werd om te weet  

Anoniem skryf "

Hou 21 Junie 2008 oop in jou dagboek. Werda Skool maak weer so. Ons beplan weer 'n musiekfees by Werda op 21 Junie 2008 en dit gaan net so goed wees as die een in 2006 of dalk nog beter. Ons beplan 'n hele dag vol vermaak en plesier vir die hele gesin. Almal is welkom en bring al die Anderstalige vriende saam. (Dis nou Engelse ens.)
Kontak besonderhede:
Jan 0829576876, jandup@ananzi.co.za

Leonie 0828611214

Giselle 0834554632

Die kunstenaars wat optree sal bevestig word. Kunstenaars wat belangstel kan ons ook kontak.

"




 

23 Apr 2008 (Lees meer... | Gradering: 0)


Gideon - Nuwe cd
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Gideon skryf "

Gideon

MURG

“Afrika se stof is gemessel in my gees.”

Dit is die CD se omslag wat aanvanklik my aandag trek. Met ‘n stapel albums van hoopvolle nuwe kunstenaars op die lessenaar, besluit ek om dié een eerste in die speler te druk.

En op die plek is ek totaal oorrompel.

Van die eerste note af kry Gideon dit reg om die luisteraar vas te vang – nie net omdat die lirieke eerlik en nostalgies mooi is nie – maar omdat die talent suiwer en boeiend is en van duidelike begeestering en lewenservaring spreek.

"




 

23 Apr 2008 (Lees meer... | 3798 bytes | Gradering: 0)


Voetprint Produksies kry die Bestes
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Die Bestes kies Voetprint as hul eksklusiewe agent!

Voetprint produksies is pas aangestel as die ekslusiewe agent vir Drie van die Bestes.

Vir besprekings kontak Anelia Marais - 082 903 8037


Drie van die Bestes: Danie Niehaus, Mathys Roets en Kevin Leo.

As solo kunstenaars het Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus reeds bewys dat dat hulle elkeen op hulle gebied die beste is - saam bereik hulle nog meer! Drie van die Bestes het in 1998 spontaan begin saamsing en gou die musieklus vir goeie Afrikaanse stemme en lirieke in ons land aangewakker. Toe Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus in 1997 vir die eerste keer as DRIE VAN DIE BESTES op die verhoog loop was die Suid-Afrikaanse publiek gaande oor hulle. Hulle eerste twee CD's was topverkopers en hule vertonings het telkemale uitverkoop. Die manne geniet dit om saam musiek te maak dit kan tog nie anders nie en mens kan dit hoor. DRIE VAN DIE BESTES is elk 'n ster in eie reg.

Danie Niehaus vat hul suksesresep besmoontlik raak: "Wanneer drie sangers byeenkom, is daar nie noodwendig altyd 'n goeie harmonieuse samesmelting van hulle stemme nie ongeag hoe goed hulle mag sing. Miskien is ons net gelukkig. Miskien strek dit wyer as musiek. Ek glo dit het ook te make met visie, dieselfde ondernemingsgees en bowenal vriendskap. Almal vir een en een vir almal."





 

19 Mar 2008 (Lees meer... | Gradering: 0)


Blouhond
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

HIER IS 'N PAAR SHOWS OM JOU SNORBAARDE TE LAAT BEWE:

3 MRT - Cat Stevens Tribute (deur Henk Botes - (EEN Fantastiese show om nie mis te loop nie)

10 MRT - Albert Frost - (Moenie dié man met sy 3 kitare misloop nie, die show gaan RoCk!!)

Definatief een van Die Blou Hond se gunsteling brakke. Albert is met reg 1 van SA se top kitaarspelers, sy ervaring as deel van die Blues Broers, Frosted Orange, Valiant Swart en tans Arno Carstens spreek vanself, en sy sukses met sy en Karen Zoid se single "The Reason" bewys dat hierdie man nog diep spore in die SA musiekbedryf gaan trap!!

16 MRT - Pieter Koen

Pieter Koen staan bekend as die man wat werklik sy biscuit kan skud. Kom geniet 'n aand saam met Pieter Koen en wees verseker jou voete sal jeuk. Sy nuwe vrystelling Tattoo is ook nou digby 30000 verkope en die aand sal gevul word met treffers van die cd!

17 MRT - Riku Latti

Sy bekende liedjies "Smoorverlief", "op di maan" en "oorlogtyd" wat op SABC2, MK89 / Kyknet, op die TV reeks Orion en DVD's, het Riku baie gewild gemaak onder gehore. Die talentvolle liedjie skrywer en sanger word beskou as vars, intelligent en 'n groot aanwins tot wereldmusiek aldus die SA media - julle sal nie spyt wees nie...

22 MRT - Philip Moolman (Johannes Kerkorrel Tribute)

23 MRT - Anna Davel

24 MRT - Rian Malan





 

07 Mar 2007 (Lees meer... | 8287 bytes | Gradering: 0)


Akasia Laerskool Kook!
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Anoniem skryf "

Ons gaan hierdie jaar die Noorde van Pretoria wakker ruk!
Ons hou twee lekker musiek vertonings in die Akasia Stadsaal.
Die eerste is op 17 Mei 2007 met Ian Roberts en die Radio Kalahari Orkes!
Die tweede is op 29 Augustus 2007 met Shine4 en David Fourie!
Kom kyk, lag, sing saam met ons!
Navrae by Annelize op annelize.vanrooyen@pbmr.co.za of 0828914214

"




 

06 Mar 2007 (Lees meer... | Gradering: 0)


Moeg vir die Internet?
 

Interessant
Interessant  

Is jy moeg om aanhoudend aanlyn te gaan om die goed wat jy nodig het te gaan soek en dan kry jy dit nie of die internet is te stadig of jy verloor die konneksie?

Wel, hoekom laai jy nie net die hele internet af nie?

Verbaas? Hier by musiek.co.za kan jy nou werklik die totale internet aflaai en stoor op jy eie hardeskyf sodat alles wat jy ooit hoef te weet of ooit sal nodig kry is dan onmiddelik en vinnig tot jou beskikking, .... sonder dat jy ooit weer aanlyn hoef te gaan of te betaal vir 'n internet konneksie.

Hier gaan jy --> Laai die hele Internet hier af (zip - sal moet ekstraeer word)




 

24 Feb 2007 (Lees meer... | Gradering: 0)


Untitled Document
Soek MUSIEK CDs
 
 
Gebruik sleutelwoorde om die produk te soek.

 
Untitled Document
Soek / Search MusiekNuus
 


 
Untitled Document
Login
 
Skuilnaam

Wagwoord

Nog nie 'n lid nie? Jy kan vinnig een skep. As 'n geregistreerde gebruiker het jy sekere voordele soos tema beheer, inskrywing konfigurasie en jy kan inskrywings en kommentaar pos met jou naam by.
 
Untitled Document
Vorige Artikels
 
21 Dec 2006
· Swiegers en seun sing saam
25 Nov 2006
· MY LIEWE KOKKENENNETJIE
19 Nov 2006
· Nuwe Leeuloop
16 Nov 2006
· LUNA TOER DIE KAAP IN DESEMBER
07 Nov 2006
· REENBOOGFEES - PIET RETIEF MPUMULANGA 1-4 NOVEMBER
30 Oct 2006
· RITTEL FEES 2006 !!!!
25 Oct 2006
· Chris Chameleon in Café Barcelona.
12 Sep 2006
· Mooi musiek op Willowridge se rugbyveld.
06 Sep 2006
· Etha, Sangeres van formaat!
06 Aug 2006
· Miskien sal die Liefde
09 Jun 2006
· Hoekom is hulle die Idols beoordelaars?
07 Jun 2006
· Musiek op die Spyskaart
05 Jun 2006
· Want ons kan/’Cause we can
· CHRIS CHAMELEON
01 Jun 2006
· Man op die maan
· Theuns Jordaan toer
30 May 2006
· Andre Swiegers toer ons land plat
· Anton Goosen doen dit weer
· Liefde gevind
21 May 2006
· Boemelaar
· Rondomtalie
· ELZANTé, Lekkerluister Twee-Klavier konsert, Verhoog & CD Launch
18 Apr 2006
· Idols is terug – dié keer op kykNET!
17 Apr 2006
· In ons harte
27 Mar 2006
· Halleluja Suid-Afrika
· Afrikaanse Radio op Internet
12 Mar 2006
· Grotman besig om SA te verower
09 Mar 2006
· Melktert Kommissie by Café Barcelona.
· Philip de Villiers se debuut-CD
17 Jan 2006
· TRIBUTE TO THE GREATS

Ouer Artikels